Wenner van die Vadersdag-jagnaweek aangewys

(Foto verskaf deur Lasarus Game Farms)

As Pa moeg word vir die lewe in die stad, is ʼn wegbreek saam met sy seun net wat hy nodig het!

Lasarus Game Farm wou vanjaar vir Vadersdag ʼn Maroela-leser bederf met ʼn jagnaweek vir pa en seun te wen – óf in die Wes-Kaap op Buffelskraal of Miertjieskraal (twee springbokke), óf in Limpopo op Renosterpoort (twee rooibokke). Die wennerpakket sluit ook ʼn nagjag in sodat die seun kan leer hoe om hase te jag met ʼn .22.

Baie geluk aan die 17-jarige Raymond Stassen van Beaufort-Wes en sy pa, Norman, wat dié spesiale prys gewen het. Raymond sê sy pa het sonder ʼn pa of pa-figuur grootgeword. “Hy was die enigste kind so hy het nooit die geleentheid gehad om pa-en-seun-goed saam te doen nie. Ek is ook die enigste seun. Dit sal amazing wees as ons die geleentheid kan kry om saam te gaan jag! Dit is die toppunt van mannedinge saam doen, om saam te leer om hase te jag en in die veld te wees en herinneringe te maak. Dit is iets wat ons albei die res van ons lewe sal bybly en waar my pa om die vuur eendag vir sy kleinkinders kan vertel van ons jag saam.”

Lasarus Game Farm gaan Raymond en Norman bederf met twee etes per dag en twee nagte slaapplek. Die waarde van die pakket beloop ongeveer R10 000.

Meer oor Lasarus Game Farm

(Foto verskaf deur Lasarus Game Farms)

Lasarus Game Farm en sy mense doen baie moeite om jou jag ʼn onvergeetlike ervaring te maak. Lasarus Game Farm is al vir 30 jaar in die jagbedryf en bewaring, diversiteit, volhoubaarheid, respek, verantwoordelikheid en kennis is die leuse.

Van eerste keer jagter, tot ekotoeris of as jy sommer net wil ontspan in ‘n rustige omgewing is jy met Lasarus Game Farm altyd in die heel beste hande. Hier vind jy vlakte wild en eksotiese wild. Hulle doen ook korporatiewe, familie, pa-en-seun en enige ander jag waaraan jy kan dink. Hulle fokus veral op jagters wat nog nooit gejag het nie en verhuur ook gewere met knaldempers wat die jagervaring soveel meer aanvaarbaar maak vir almal.

Lasarus Game Farm – Buffelskraal

Lasarus Game Farm, Buffelskraal, is geleë in die mooie Tuinroete, sowat 70 km van Mosselbaai, naby Albertinia. Lasarus Game Farm spog met treffer-wildjag-ekspedisies asook voëlkyk en uitstaande kulinêre kundigheid, en is in ‘n area van die Tuinroete waar jy kan uitspan en moeitevry ontspan.

Kom geniet walviskyk, diepseehengel, wynproe en vele meer … Lasarus Game Farms is werklik ‘n rustige toevlugsoord van natuur en skoonheid, ‘n wegbreek van die stadslewe. Op die plaas kan jy al die nasionale embleme in hul natuurlike toestand vind, van die geelhoutboom tot die protea en die springbok.

Lasarus Game Farm – Miertjieskraal

Is jy ʼn natuurmens wat hou van die stilte van die Klein Karoo? Dan is Lasarus Miertjieskraal net die plek vir jou met sy ʼn besonderse sterrehemel en natuurskoon.

Jy kan die natuur gaan verken met jou fiets, voertuig of te voet. Die plaas is geleë teen die teerpad tussen Ladismith en Riversdal.

Die twee ten volle toegeruste selfsorg chalets is oorspronklik gebou in die 1800’s en vroeë 1900’s. Kom ervaar ʼn asemrowende atmosfeer met populierbalke, breë mure en selfs die oorspronklike voertrôe.

Lasarus Game Farm – Renosterpoort

Lasarus Game Farm Renosterpoort word deur die Bosveld omring en bied aan gaste gerieflike verblyf net 5 km vanaf Modimolle.

Gaste het ʼn keuse tussen individueel versierde kamers wat elk slaapplek aan twee tot drie gaste bied. Die kamers het dubbelbeddens asook en suite-badkamers met storte en toilette. Die kamers het ook ʼn yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Aandete en ontbyt is op versoek by die gastehuis beskikbaar. Die kombuis is volledige toegerus en ook beskikbaar vir gaste se gebruik.

Gaste kan in die swembad afkoel, van die braaigeriewe gebruik maak en wildsritte kan op versoek gereël word. Modimolle bied verskeie aktiwiteite soos staproetes, gholfspeel, en ander besienswaardighede in die area.

Klik hier om Lasarus Game Farm se webwerf te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.