Soorte resepte:

Resep: Drieboneslaai

Drieboneslaai (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Bymekaargooislaai met goeie vesel.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 45 ml kanola- of avokado-olie
  • 60 ml bruinasyn
  • 30 ml witsuiker
  • 215 g-blik (124 g gedreineer) gaar groenbone
  • 225 g-blik gebakte bone in tamatiesous
  • 225 g-blik (147 g gedreineer) botterbone in pekelwater
  • 1 klein/50 g ui, geskil, gekap
  • 1 middelslag-/100 g rooi soetrissie, ontpit, in blokkies gesny
  • 20 ml vars pietersielie, gekap
  • varsgemaalde swartpeper, na smaak

Metode

  1. Meng die olie, asyn en suiker en roer dit totdat die suiker gesmelt is. Voeg al die bone, die ui, soetrissie en pietersielie by en roer.
  2. Geur dit na smaak met swartpeper en verkoel voor bediening.

Variasie: Vervang die ingemaakte groenbone met 150 g vars groenbone wat in 2 cm-stukkies gesny is. Kook dit vir 2 tot 3 minute. Dreineer en laat afkoel voor gebruik.

Hoe kan ek dit inpak en bêre? Die slaai moet verkoel bly en hou goed vir ʼn week, maar bevriesing word nie aanbeveel nie.

Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.