Soorte resepte:

Resep: Geroosterde uieslaai met kruisement-jogurt-slaaisous

Geroosterde uieslaai met kruisement-jogurt-slaaisous (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie is nie jou gewone mengelslaai nie – dit het behoorlik skop!

Lewer 4 porsies

Bestanddele

Slaaisous

  • 1 k ongegeurde jogurt
  • 2 e olyfolie
  • 2 t vars suurlemoensap
  • 2 knoffelhuisies, fyn gedruk
  • ¼ t gemaalde komyn
  • ¼ k kruisementblare, fyn gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Slaai

  • 2 uie, geskil en in dik ringe gesny
  • 1 e olyfolie
  • 1 komkommer, in lengte halveer en in dik skywe gesny
  • 3 e gekapte oreganum
  • 1 wiel fetakaas, gekrummel

Metode

Slaaisous

  1. Meng al die bestanddele saam en geur na smaak.

Slaai

  1. Voorverhit oondroosterelement. Plaas uie op ’n bakplaat, meng olie deur en geur met sout en peper.
  2. Rooster uie vir ’n paar minute aan albei kante tot goudbruin. Haal uit oond en sny in growwe stukke. Laat afkoel.
  3. Meng uie met komkommer in ’n slaaibak en roer oreganum by. Giet slaaisous oor en sprinkel fetakaas oor.

Wenke:

  1. Die ui kan ook in ’n pan geroerbraai word as jy nie die oond vir net 2 uie wil aanskakel nie.
  2. Die jogurtsous sal ook lekker wees met ander slaaie of as deel van ’n vulsel vir ’n pita.

Bron: Proe Pretville

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.