Soorte resepte:

Resep: Knoffel-en-tamatie-focaccia

Knoffel-en-tamatie-focaccia (Foto: Lapa-uitgewers)

Die perfekte bygereg om saam met die braaivleis te geniet.

 1 groot of 2 middelslag-brode

Bestanddele

25 g droë gis
330 ml (1⅓ k) louwarm water
45 ml (3 e) olyfolie
420 g witbroodmeel
250 g (475 ml) polenta
30 ml (2 e) sout
30 ml (2 e) polenta, ekstra
1 x 250 g-bakkie kersietamaties
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 wiel fetakaas, gekrummel

Metode

  1. Meng die gis, louwarm water en olie saam in ʼn mengbak en laat dit vir 10-15 minute rus tot dit skuimerig is.
  2. Meng die meel, polenta en sout saam in ʼn aparte mengbak en maak ʼn holte in die middel. Giet die gismengsel in en meng tot dit ʼn deeg vorm.
  3. Knie die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak vir 10-15 minute tot glad en elasties.
  4. Smeer ʼn mengbak met olyfolie, plaas die deeg in en bedek die bak met kleefplastiek. Laat die deeg vir ten minste 1 uur op ʼn warm plek rys tot dubbel die volume.
  5. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn bakplaat.
  6. Knie die deeg af en rol dit uit in ʼn reghoek wat in die bakplaat pas. Plaas die deeg in die bakplaat en laat dit vir nog 15 minute rys.
  7. Gebruik jou kneukels om duike in die deeg te druk en sprinkel ʼn bietjie olyfolie oor. Strooi die tamaties, knoffel en fetakaas oor.
  8. Bak vir 15-25 minute tot deurgaar. Laat die brood effens afkoel en bedien.

 

Bron: 50 Sop-en Broodgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizna ·

Goeie dag mede bak fundies.eEk loop daagliks ‘n probleem raak met die leker resepte wat op maroela media en selfs bakhuis op gesit word.hier waar my tuiste is het ons net die gewone bestandele op ons winkel rakke..as ek doms n resep sien MOET ek meerendeels eers die naam google vertaal en hoop dus beskikbaar by ons winkels.hul kan dit bestel wat weke se wag beteken.is daar n makliker manier om bv woorde soos “polenta”te benoem of te verduidelik..my drop is hoofsaaklik zulu sprekend en Afrikaans is nie algemeen welkom in winkels nie..ek het rerig hulp nodig.

Ouvrou ·

Hi Elizna, polenta us grof gemaalde mielies (coarsely grounded cornmeal) . Ek het die resep gelees en besluit om rou brooddeeg in n sakkie by ‘n supermark of ‘n bakker te koop. Dit gaan my baie moeite spaar. In Suid Afrika verkoop winkels soos Chekers en Spar rou brooddeeg.

Louis ·

Hi, Ek sukkel ook met van die bewoording, moet baie keer elders probeer uitvind, en los dan maar om die resep te probeer.

Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.