Soorte resepte:

Resep: Koperpennie-wortelslaai

ʼn Lekker slaai om in die koelkas gereed te hê.

Koperpennie-wortelslaai (Foto: Uitpakkos/Lapa Uitgewers)

Lewer ± 750 g

Bestanddele:

  • 500 g geelwortels, geskil, in dun skyfies gesny
  • 1 (100 g) middelslagui, geskil, in skyfies gesny
  • 1 (125 g) middelslag- groen soetrissie, ontpit, in repies gesny
  • 125 ml water
  • 100 ml (80 g) witsuiker
  • 100 ml witasyn
  • 50 ml sonneblomolie
  • ½ x 55 g-pakkie tamatieroomsoppoeier
  • 5 ml Worcestersous
  • 10 ml soet mosterdsous
  • 2,5 ml sout
  • knippie witpeper

Metode:

  1. Kook die wortels in ʼn bietjie water vir 4 tot 6 minute.
  2. Voeg die ui en soetrissie by en prut vir 2 minute. Hou die kooktyd dop, want aan die einde van die kookproses moet die groente net brosgaar wees.
  3. Dreineer die groente.
  4. Meng die water, suiker, asyn, olie, soppoeier, Worcestersous en mosterdsous saam tot glad.
  5. Verhit die sous oor matige hitte tot kookpunt.
  6. Roer en kook vir 2 minute tot die sous dik en gaar is.
  7. Meng die sous en groente.

Hoe kan ek dit inpak en bêre?

Skep die slaai in ʼn houer met digpassende deksel, of glasbottels met skroefdeksels wat vooraf in kookwater gestaan het. Laat die slaai vir 2 dae in die koelkas marineer voordat dit geëet word.

Bron: Uitpakkos deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.