Soorte resepte:

Resep-video: Aartappel-en-spekgebak

Aartappel-en-spekgebak. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

’n Aartappelgebak is altyd ’n wenner vir enige geleentheid. Hierdie resep word vinnig-vinnig in een bak gemaak: Jy gooi byna alles net bymekaar en kan aangaan met iets anders terwyl dit heerlik in die oond bak.

Bestanddele

  • 6 aartappels, geskil en in dun skyfies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g spek, in klein stukkies opgesny en gebraai tot gaar
  • 40 g parmesaankaas, fyngerasper
  • hand vol basilieblare, in stukkies geskeur
  • 500 ml room
  • 1 k cheddarkaas, gerasper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n oondbak met kleefwerende kossproei.
  2. Pak ’n laag aartappelskyfies in die bak.
  3. Sprinkel van die spek bo-oor en geur met sout en peper.
  4. Sprinkel ’n bietjie cheddarkaas, parmesaankaas en basilieblare bo-oor.
  5. Herhaal die proses tot die bak vol gepak is.
  6. Gooi die room bo-oor en laat dit bak vir sowat 30 minute of tot die aartappels sag en gaar is.
  7. Laat dit bietjie afkoel voor jy dit voorsit.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.