Soorte resepte:

Resep-video: Bierbrood

Bierbrood (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié brood sal jou braai na die volgende vlak neem.
Lewer 1 brood

Bestanddele

  • 500 g bruismeel
  • 1 t sout
  • 1 k kaas, gerasper
  • 1 blikkie (340 ml) bier
  • 1 k water

Bierbrood (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Metode

  1. Roer die bruismeel, sout en kaas bymekaar. Hou ʼn bietjie kaas eenkant sodat jy dit later bo-op kan sprinkel.
  2. Meng die bier en water in tot ʼn slapperige deeg vorm.
  3. Skep die deeg in ʼn broodpan wat met botter gesmeer is of goed met kossproei uitgevoer is.
  4. Sprinkel orige kaas bo-oor en bak vir 45 minute tot 1 uur by 180 °.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mallie ·

Voeg n pakkie bruin uiesop en n blikkie heelpit mielies daarby voor jy die mengsel in die pan sit en kaas oor strooi. Vra enige kamper dan sal jy n ander storie hoor. Dis lekkerdetr as lekker. Geniet dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.