Soorte resepte:

Die wenner van die beste familieresep is…

Foto ter illustrasie. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Jou ouma se melktertresep, jou tannie se bobaas-pannekoek en jou oupa se Karoo-staanrib, dít is die resepte wat by Maroela Media se onlangse familieresep-kompetisie ingedien is.

Die wenner van dié kompetisie is Elize Perrin van Victoria‑Wes met haar resep vir gepiekelde perskes in ’n bottel.

Elize wen ’n leerhandsak ter waarde van R900.

Hier is die resep vir Elize se gepiekelde perskes in ’n bottel:

Bestanddele

  • 3 kg geel perskes, gesnipper
  • 750 g uie, gekerf
  • 10 huisies knoffel
  • 2 e kerrie van keuse
  • 1 t borrie
  • 1 t mosterdpoeier
  • 1 t gemengde speserye
  • 1 t peperkorrels
  • 1 t heel naeltjies
  • 2 e sout
  • 5 k suiker
  • 2½ k asyn
  • bietjie meel vir aan die einde

Elize Perrin se gepiekelde perskes in ‘n bottel. (Foto: Verskaf)

Metode

  1. Kook die asyn, suiker en alle speserye vir 3 minute saam met die uie.
  2. Voeg perskes en knoffelhuisies by.
  3. Bring tot kookpunt.
  4. Kook vir 30 minute.
  5. Verdik met bietjie meel so 10 minute voordat dit gebottel word.
  6. Bottel warm.

Hou Maroela Media dop vir nog opwindende kompetisies en skryf in!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Die beste familieresep is een wat nie gedeel is met ander buite die familie nie:)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.