Soorte resepte:

Hier is die top-10 Chenin Blanc-wyne in SA

Die Standard Bank Chenin Blanc Toptien-kompetisie het pas sy gunstelingvervaardigers van dié wynsoort vir 2020 aangekondig.

Ken Forrester, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Chenin Blanc-vereniging, sê die uiteenlopende gebiede waaruit die bekroonde wyne in vanjaar se kompetisie kom, wys hoe aanpasbaar hierdie druifsoort is.

“Hierdie wyne, afkomstig van Stellenbosch tot Worcester, die Breedekloof en Durbanville, lewer meer as voldoende bewys van die kultivar se vermoë om hom by ʼn verskeidenheid van groeitoestande aan te pas.

“Met die toenemende uitwerking van klimaatsverandering wêreldwyd is dit geen verrassing dat soveel druiweprodusente in Amerika en Australasië dit nou as dié druifsoort van die toekoms beskou nie,” sê hy.

Forrester sê die kommersiële sukses wat Suid-Afrika met Chenin behaal, is ʼn bron van inspirasie vir baie produsente wêreldwyd. Terselfdertyd verklaar dit ook waarom Suid-Afrikaanse Chenin Blanc die voorkeurwyn van talle verbruikers in uitvoermarkte is.

“ʼn Mens kan sê Suid-Afrika se Chenin Blanc-wyne is baie soos Suid-Afrikaners self – dinamies, lewenskragtig en hoogs aanpasbaar by veranderende omstandighede. Die wingerdstokke én die mense het hul taai wortels diep in die aarde ingeslaan. Dit is hoe ons teenspoed oorkom en selfs onder druk gedy.”

Die paneelvoorsitter, James Pietersen (Foto: Versakf)

Die paneelvoorsitter, James Pietersen, het namens die beoordelaars gesê die meeste van vanjaar se toptien wyne is gemaak van die druiwe van gevestigde wingerde wat tot 48 jaar oud is.

“Van die 136 wyne wat ons geëvalueer het, het ons ʼn duidelike ooreenkoms gevind tussen wyngehalte en ouer, gevestigde wingerde. Die druiwe van sewe van die toptien wyne kom van wingerde wat minstens 35 jaar oud is. In ʼn ander geval het die ouderdom van die wingerde gewissel van 25 tot 40 jaar.”

Daar is vanjaar drie nuwelinge onder die toptien: Alvi’s Drift, Badsberg en Kaapzicht.

Stellenrust het twee wyne onder die toptien. Die name van DeMorgenzon en Spier verskyn op die toplys.

Elk van die bekroonde wyne is met R25 000 kontant beloon wat gebruik moet word vir projekte wat daarop gemik is om die ekonomiese en maatskaplike voordele in die werksomgewing te versterk.

Tot dusver is R1,35 miljoen reeds bestee aan hierdie soort projekte wat daarop gemik is om die lewensgehalte van plaaswerkers te verbeter. Dit sluit van opvoedkundige tot gesondheids- en behuisingsprojekte in.

Die pryse van die bekroonde wyne wissel van R68 tot R430 per bottel.

Hier is die toptien wyne in alfabetiese volgorde:

  • Alvi’s Drift Private Cellar 221 Chenin Blanc 2019
  • Alvi’s Drift Private Cellar Albertus Viljoen Chenin Blanc 2019
  • Badsberg Wine Cellar Barrel Fermented Chenin Blanc 2019
  • DeMorgenzon Reserve Chenin Blanc 2019
  • Durbanville Hills Collectors Reserve The Cape Garden Chenin Blanc 2019
  • Kaapzicht Kliprug Chenin Blanc 2019
  • Mulderbosch Vineyards Single Vineyard Chenin Blanc Block S2 2018
  • Spier Wines 21 Gables Chenin Blanc 2019
  • Stellenrust Chenin Blanc 2019
  • Stellenrust Stellenbosch Manor Barrel Fermented Chenin Blanc 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

Waar is my Chenin Blanc wat maar R34 kos. Vir my paas hy die tong tippie toets…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.