Jy gaan ’n groot plastiekemmer met ’n deksel hê benodig om sowat 10 liter te maak.
Bestanddele:
10 liter water
1 kg suiker
15 ml jamaikagemmer
50 g kremetart
250 ml suurlemoensap
1 pakkie (10 g) kitsgis
250 ml sultanas
Metode:
1. Bring die water tot kookpunt en voeg die suiker, gemmer, kremetart en suurlemoensap by. Meng goed. 2. Haal van die hitte af wanneer die mengsel goed kook. Laat afkoel tot kamertemperatuur.
3. Voeg die gis en sultanas by. Roer goed.
4. Gooi die gemmerbier in die groot plastiekemmer en maak toe. Laat staan vir drie dae by kamertemperatuur. Ná drie dae kan jy die emmer oopmaak en die gemmerbier in tweeliter-plastiekbottels oorgooi. Hou die bottels in die yskas.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Hierdie is ‘n maklike resep vir gemmerbier, maar smaak nie so lekker nie. Die gemmerbier kom baie suur uit.
Dankie dit klink lekker…ek doen dieselfde resep..maar myne hoef nie gekook te word nie…