Soorte resepte:

Resep: Bloubessie-muffins

Bloubessie-muffins. (Foto: Lapa Uitgewers)

Min dinge klop ʼn bloubessie-muffin.

Lewer 12 porsies

Bestanddele

  • 125 ml onversoete appelsous
  • 3 eiers
  • 15 ml vanieljegeursel
  • 15 ml heuning
  • 125 ml kanolaolie
  • 125 ml bruinsuiker
  • 125 ml amandelmeel
  • 250 ml kekerertjiemeel
  • 125 ml onverfynde sorghummeel
  • 125 ml tapiokameel
  • 5 ml koeksoda
  • 7,5 ml glutenvrye bakpoeier
  • 5 ml fyn kaneel
  • 1,25 ml xantaangom
  • 5 ml sout
  • 375 ml vars bloubessies

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n 12-holte‑muffinpan met kleefwerende kossproei.
  2. Klits die appelsous, eiers, vanieljegeursel, heuning, olie en bruinsuiker goed saam.
  3. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die bessies, by die eiermengsel en meng goed.
  4. Vou die bessies by die mengsel in en skep in die muffinpan.
  5. Bak 30-35 minute. Laat effens afkoel en keer uit die pan.

Bron: Glutenvrye gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.