Soorte resepte:

Resep: Goeiemore-ontbytbeskuit

Goeiemore-ontbytbeskuit (Foto: Lapa-uitgewers)

Oud en jonk sal van hierdie beskuit hou.
Lewer ongeveer 60 stukke

Bestanddele

  • 1 kg bruismeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2,5 ml sout
  • 250 ml suiker
  • 500 ml semelontbytvlokkies
  • 500 ml graanvlokkies met heuning
  • 750 ml muesli
  • 2 eiers
  • 500 g (1 blok) botter, gesmelt
  • 500 ml karringmelk

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
  3. Roer die suiker, semelvlokkies, graanvlokkies en muesli by.
  4. Klits die eiers en voeg die botter en karringmelk by. Roer deur.
  5. Roer die karringmelkmengsel by die meelmengsel tot deeg vorm.
  6. Vorm balletjies en plaas langs mekaar in drie klein gesmeerde broodpannetjies van 9 cm x 26 cm.
  7. Bak vir 55 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  8. Laat afkoel en breek in stukke. Plaas die beskuit op bakplate en droog uit by 90 °C vir ongeveer 6-7 uur of tot heeltemal droog. Hou oonddeur op ’n klein skrefie oop.

Bron: Lekker & Vinnig: Beskuit (uit Resepte uit Vrouekeur 1, Marlo Carstens)

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SUSAN ·

Resep te duur.Meusli baie duur om in beskuit te sit. Vir wie is die resepte bedoel beslis nie vir pensionarisse wat elke sent twee keer moet omdraai.

Ellen ·

Die beskuit lyk na ‘n wenner maar wat vir my nie ekonomies is nie vir 60 stukke soveel krag moet betaal. Dit bak te lank en nog solank moet uitdroog. Krag is net te duur.

Toets toets ·

Ek werk maar so tussen mikrogolf en oond. Bak in oond en droog in mikrogolf op 30% krag vir 10-15+-min. Toets na 15 min. Pasop vir middel brand. Bak ook al gedoen in MG en lekker kakao ingesit om bleekheid te kamofleer, MG bak werk per roomysbak 100% krag vir 9-10min. Onthou krag sterktes verskil na gelang van grote van mikrogolfwe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.