Soorte resepte:

Resep: Maklike eierlose piesang-en-neutmuffins

Maklike eierlose piesang-en-neutmuffins (Foto:Susan Lombaard)

Allergies vir eier? Hierdie muffins is perfek vir ʼn kosblik of peuselhappie!

Bestanddele

  • 3 ryp piesangs, fyngedruk
  • ¾ k bruinsuiker
  • ½ k kanola-olie
  • 1/3 k ongegeurde jogurt
  • 1 ½ k koekmeel
  • 2 t bakpoeier
  • knypie sout
  • 1/3 k geroosterde fyngekapte amandels of ander neute van jou keuse (opsioneel, maar die amandels maak dit regtig lekker)

Maklike eierlose piesang-en-neutmuffins (Foto:Susan Lombaard)

Metode

  • Voorverhit oond tot 200 °C. Spuit ʼn muffinpan met plek vir 12 muffins.
  • Druk die piesang fyn. Voeg die nat bestanddele by en meng goed.
  • Sif die droë bestanddele en voeg dit by die nat bestanddele. Meng deur tot net gemeng.
  • Maak die muffinpannetjies ¾ vol.
  • Verlaag die oond se temperatuur tot 180 grade en bak die muffins vir 20 minute (tot ligbruin en gaar).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.