Soorte resepte:

Resep: Piesangbrood-poeding

Piesangbrood-poeding (Foto: Janie Monsieeur)

ʼn Mengsel van sjokolade, vla en piesangbrood is waarvan drome gemaak word.

Lewer sowat 5 porsies

Bestanddele

  • 1 (350 g) piesangbrood
  • 1 k room
  • 1 e vanieljegeursel
  • 100 g suiker
  • 1 e vlapoeier
  • 2 eiers
  • sjokoladesplinters vir bo-op

Metode

  1. Sny die piesangbrood in dik skywe en pak dit in ʼn vlak oondbak.
  2. Meng die room, vanielje, suiker, vlapoeier en eier in ʼn aparte bak. (Jy kan 1 k melk byvoeg indien bogenoemde nie genoeg is om die piesangbrood goed te bedek nie.)
  3. Giet die roommengsel oor die piesangbrood en laat dit vir 5 minute week.
  4. Bak by 180 °C vir 30 minute.
  5. Sodra die poeding uit die oond kom, sprinkel sjokoladesplinters oor. Sit net so voor of saam met vla of roomys.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.