Soorte resepte:

Resep: Sagopoeding

Sagopoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Bedien hierdie sagopoeding met tradisionele kaneelsuiker of maak dit deftig met appelkooskonfyt en meringue.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 150 ml droë sago
  • 6 k Clover-volroommelk
  • 175 ml suiker
  • 2,5 ml sout
  • 6 eiers
  • 2 e (30 ml) Clover Mooirivier-botter
  • 1,5 ml vanieljegeursel
  • 2 e (30 ml) suiker en 1,5 ml kaneel gemeng
  • appelkooskonfyt
  • 3 eierwitte
  • 75 ml suiker

Metode

  1. Week die sago in 2 koppies melk vir twee uur. Verhit die res van die melk, sout en suiker op ʼn stoofplaat totdat dit kookpunt bereik. Roer die sagomengsel by die warm melk.
  2. Kook teen ’n matige hitte totdat jy deur die sago kan sien – roer aanhoudend. Klits die eiers liggies.
  3. Voeg ’n klein bietjie van die warm mengsel by die eiers en meng goed. Voeg dit dan by die sagomengsel in die kastrol en roer totdat die mengsel verdik. Haal af van die hitte en roer die vanielje en botter by.
  4. Sit voor met die suiker-en-kaneelmengsel bo-oor.
  5. Giet alternatiewelik die mengsel in ’n hittebestande bak. Bedek die bokant met ’n laag appelkooskonfyt. Klits die eierwit tot styf en voeg die suiker by totdat ʼn ordentlike meringue vorm. Bak in die oond teen 180 °C totdat die meringue goudkleurig is. Sit dadelik voor.

Resep: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Boklam ·

Moet asb nie n aluminium kastrol gebruik nie, jou sago gaan blou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.