Soorte resepte:

Resep-video: Kaneelsuikersnye

Kaneelsuikersnye (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Stroopsoet gebakte kaneelsuikersnye met ʼn hemelse versiering.

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele

  • 1 witbrood
  • botter
  • ½ k klewerige bruinsuiker
  • 1 e kaneel
  • 3 eiers
  • ¼ k melk
  • 1 k room
  • 1 t vanieljegeursel

VERSIERSEL

  • 1 k versiersuiker
  • 1 e melk
  • 1 t vanieljegeursel
  • 2 e botter, gesmelt

Metode

  1. Sny die brood op en sny die korsies af. Smeer elke sny met dik botter.
  2. Meng klewerige bruinsuiker en kaneel saam en verdeel dit gelyk tussen al die snye brood. Skep lepelsvol op elke sny brood en druk plat met jou hande.
  3. Stapel die snye op mekaar en plaas dit in ʼn pannetjie sodat dit knus is. (Sien video.)
  4. Meng eiers, melk, room en vanieljegeursel saam in en giet dit oor die brood in die pan. Laat dit vir 5 minute staan en bak dan vir 40 minute by 180 °C.  Laat effens afkoel voor versiersel opgesit word.

VERSIERSEL

  1. Meng al die bestanddele saam om ʼn loperige versiersel te maak. Drup die versiersel oor die kaneelsuikersnye en geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eend Bessinger ·

Lekker! Kaneel is goed vir suikersiekte. Geniet dit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.