Soorte resepte:

Resep-video: Krakerige gemmerkoekies

Krakerige gemmerkoekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Goue, krakerige gemmerkoekies met tonne geur!

Lewer 60 koekies

Bestanddele

  • 250 g bruinsuiker
  • 250 g botter, sag
  • 62 ml gouestroop
  • 1 e kaneel
  • 1 t gemmer
  • 1 e koeksoda
  • 500 g koekmeel

Metode

  1. Verroom suiker en botter saam.
  2. Roer stroop, kaneel, gemmer en koeksoda by.
  3. Meng meel by tot styf en gooi dan uit op ʼn oppervlak. Druk die deeg vas en rol dun uit.
  4. Gebruik ʼn koekafdrukker om netjiese koekievorms uit te druk. Plaas versigtig op ʼn gesmeerde bakplaat.
  5. Bak vir 8-10 minute by 180 °.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.