Sterfes en beserings is aangemeld nadat die vliegtuig van ʼn aanloopbaan gegly en in twee geskeur het.
Lees meerAlles vir Vrydag 7 Augustus 2020
Dlamini-Zuma in hofstukke: Tabakverbod ís noodsaaklik
Die appèlhof het die regering vroeër die week tot vandag 15:00 kans gegee om om sy reaksie in te dien op Fita se aansoek om verlof tot appèl.
Skubaduiker se liggaam dae later gekry
Die skubaduiker wat Sondag in die omgewing van Duikereiland naby Houtbaai in die see vermis geraak het, se liggaam is gevind.
Denel sê hy kan nie salarisse betaal
Die arbeidshof het vroeër die week beslis dat Denel die uitstaande salarisse wat hy werkers vir Mei, Junie en Julie skuld teen Vrydag moet betaal.
Dendron-aanval: Twee in hof, derde verdagte dood
Die ander twee verdagtes het op verskeie aanklagte, insluitend gewapende huisroof en verkragting, in die hof verskyn.
Beampte in gesig geskiet toe sy voertuig aftrek
Toe sy die voertuig nader, is sy deur die bestuurder oorrompel en het hy haar dienspistool afgeneem.
ToekomsVenster: God is hier teenwoordig
Laat ons biddend nader, hier waar ons voor Hom vergader.
Pretoria-staking: Metro, vakbonde bereik ooreenkoms
Dienslewerings in die metroraad het die afgelope paar weke al hoe verder verswak met vullisverwyderingsdienste wat in ʼn stadium opgeskort is.
Hanekom-twiet: Zuma bereik einde van regspad
“Valse aantygings is onverantwoordelik en gevaarlik,” het Hanekom in reaksie gesê.
Valke trek talle polisielede vas vir dwelmsmokkelary
ʼn Verdere 11 metropolisiebeamptes word daarvan verdink dat hulle omkoopgeld van motoriste geëis het.
Drie skuldig wat bank uit R500 miljoen wou swendel
Die mans het met vervalste ID’s probeer om ʼn nuwe bankrekening te open waarin hulle geld uit die trustfonds wou oorbetaal.
Die wêreld in foto’s – 7 Augustus 2020
Te midde van die Covid-19-pandemie het duisende jong dokters en mediese werkers ʼn vreedsame optog teen die Suid-Koreaanse regering se mediese beleid gehou.
Hof sê weer nee vir Maimane oor skole
Maimane was ontevrede oor die hooggeregshof se beslissing dat sy aansoek om skole weer te sluit, van die hand gewys is.
Negende verdagte vas ná Koffiebaai-moord
Konst. Nani is gedwing om sy kollega se liggaam agter in die polisiebakkie te laai en ook daar in te klim.
Nuwe POF-hoof moet fonds regruk
Die Padongelukkefonds is onder enorme druk om sy regskoste te verminder en ʼn doeltreffende diens te lewer.
Nuuskommentaar: Burgerlike ongehoorsaamheid in ʼn paternalistiese staat
Die ANC het sy perke as regering begin oorskry deur morele besluite namens ons te begin neem.
Covid-19: Afrika het nou meer as 1 miljoen gevalle
Suid-Afrika is steeds die episentrum van die virus in Afrika.
Xander Bylsma gevonnis
“’n Lewe het te goedkoop geword in ons samelewing. Die brutaliteit van dié moorde kan nié geïgnoreer word nie.”
Polisie weier glo om klag van aanranding te registreer
Polisiebeamptes het die vrou glo daarvan beskuldig dat sy 50% aandadig was daaraan dat haar man haar aangerand het.
KTM 390 Adventure staan kop en skouers bo ander uit
As jy dus nuut is in die avontuurmark, kan jy gerus na die KTM 390 Adventure gaan kyk.