Skubaduiker se liggaam dae later gekry  

Raymind Samuels. Foto: Facebook

Die skubaduiker wat Sondag in die omgewing van Duikereiland naby Houtbaai in die see vermis geraak het, se liggaam is gevind.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het familielede van Raymind Samuels (23) Donderdagmiddag die NSRI gekontak en gesê hulle het sy liggaam gevind, naby aan die plek waar hy vermis geraak het.

Die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe en paramedici is na die toneel ontbied. Lede van die Houtbaai-NSRI en die polisie se duikeenheid is op gereedheidsgrondslag geplaas.”

Samuels se liggaam is uit die water gehaal en deur forensiese patologiedienste van die toneel verwyder. Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

Die NSRI het sy medelye met Samuels se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

popsa ·

Ai tog… So jammer, familie en geliefdes. Baie sterkte vir julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.