Soorte resepte:

Resep-video: Pampoenbrood

Pampoenbrood (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Of jy nou van pampoen hou of nie, hierdie brood is iets wat jy en jou gesin baie sal geniet. Dit is heerlik saam met ʼn koppie tee, vir ontbyt of selfs saam met aandete.

Bestanddele

  • 1 k pampoen, gekook en fyngedruk
  • ½ k olie
  • 2 groot eiers
  • 1¼ k suiker
  • ½ t kaneel
  • 1 t gemengde speserye
  • ½ t sout
  • ½ t koeksoda
  • 1½ k koekmeel
  • ½ t bakpoeier

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ʼn standaard broodpan met kleefwerende kossproei.
  3. Meng die pampoen, eiers, olie, suiker, kaneel, speserye, sout en koeksoda saam in ʼn mengbak.
  4. Sif die meel en bakpoeier by die mengsel en meng dit met ʼn draadklitser. Moet dit nie te veel meng nie.
  5. Gooi die mengsel in die voorbereide broodpan.
  6. Bak die brood in die oond vir 30-40 minute of tot ʼn toetspen skoon uitkom wanneer dit daarin gedruk word.
  7. Los die brood vir nog 5 minute in die pan om af te koel voordat jy dit op ʼn afkoelrak uitkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.