Soorte resepte:

Resep-video: Pizzarolletjies

Pizzarolletjies. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Is jy lus vir pizza maar nie vir moeite nie? Maak hierdie maklike pizzarolletjies vir ʼn heerlike versnapering.

Bestanddele

  • ʼn Paar snytjies brood (afhangende van hoeveel rolletjies jy wil maak)
  • Tamatiepuree (ons het sommer ʼn houer by die naaste kruidenierswinkel gekoop. Jy gaan nie noodwendig die hele houer gebruik nie. Beplan dalk ʼn pasta of iets soortgelyks vir jou volgende ete om sodoende nie te mors nie.)
  • ʼn Pakkie gebraaide spek
  • 1 k gerasperde mozzarellakaas

Metode

  1. Sny die korsies van ʼn paar snytjies brood af. Rol dit plat met ʼn broodroller.
  2. Smeer sowat ʼn eetlepel tamatiepuree op elke snytjie.
  3. Pak die gebraaide spek en mozzarellakaas op die een kant van die platgerolde snytjie brood. Rol dit dan om ʼn netjiese pizzarolletjie te vorm.
  4. Smeer dan nog ʼn bietjie tamatiepuree op die rolletjie en pak nog ʼn bietjie kaas op.
  5. Plaas die rolletjies vir 6-8 minute teen 200 °C in die lugbraaier.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.