Soorte resepte:

Resep-video: Sjokolade- en lemoenpoeding

Sjokolade- en lemoenpoeding. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Vandag is Internasionale Sjokoladedag, en hoe kan dit beter gevier word as met dié smaaklike sjokolade- en lemoenpoeding?

Dit is ʼn eenvoudige resep wat vinnig voorberei word en ʼn heerlike nagereg wat saam met vla, vanieljeroomys of room bedien kan word.

Die resep maak genoeg vir 6 mense.

Bestanddele

Vulsel

  • 1 k koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 2 e kakaopoeier
  • 200 ml suiker
  • 125 ml melk
  • 25 ml olie

Bolaag

  • 1 k bruinsuiker
  • ¼ k kakaopoeier
  • gerasperde skil van 1 lemoen
  • 1 k lemoensap
  • 1 k kookwater

Metode

  1. Voorverhit ʼn oond tot 180° C en spuit ʼn oondpan met kleefwerende kossproei.
  2. Sif die meel, bakpoeier, sout en kakao saam en voeg dan die suiker by.
  3. Gooi die melk en olie by en roer dit by die meelmengsel in.
  4. Skep die beslag in die voorbereide oondpan.
  5. Meng die bruinsuiker, kakao en lemoenskil vir die bolaag en strooi dit bo-oor die deeg.
  6. Gooi die kookwater en die lemoensap saam en giet bo-oor.
  7. Bak dit in die warm oond vir 30 minute.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.