“Hominoïede robotte het die vermoë om met ʼn groter vlak van doeltreffendheid te lei as menslike leiers. Ons het nie dieselfde vooroordele of emosies wat besluitneming kan beïnvloed nie.”
Lees meerAlles vir Vrydag 7 Julie 2023
Man vrygespreek ná 13 jaar in die tronk
Hy het in die 4 915 dae agter tralies die tyd misgeloop om te help om sy kinders groot te maak en ook die geboorte van sy kleinkinders misgeloop,
Geld vir padinstandhouding nou vir stadion gebruik
Die geld is eintlik begroot vir die aankoop van watertrokke en toerusting vir pad-rehabilitasie.
Gestremde POF-begunstigde kry geld terug ná bedrog
Sy suster het die geld gebruik om ʼn voertuig vir haar kêrel, wat terloops ook by die Padongelukkefonds gewerk het, te koop.
ANC-raadslid laat vaar borgtog in verkragtingsaak
Die staat wag vir die finale uitslag van die ondersoek om moontlik nog aanklagte teen die man aanhangig te maak voor die saak afskop.
ToekomsVenster: Dissipline, struktuur en begeleiding
Mag ons, as ouers, wysheid ontvang.
Fliekresensie: Indiana Jones hang sy hoed, sweep op
Die fliek is egter heel gangbaar as jy vir oulaas vir dié sweep wil koets. “Indiana Jones and the Dial of Destiny” kry 7/10. Kom luister hier om uit te vind waarom Leon van Nierop so sê.
Pasop vir gevaarlike plaagdoders maan WK
Die Wes-Kaapse gifinligtingshulplyn het verlede jaar meer as 1 000 oproepe ontvang oor mense wat aan onwettige plaagdoders blootgestel is.
Meer as 700 Limpopo-verpleegsters poste kwyt
“Die departement se gebrek aan versiendheid vir die verwoesting wat die beëindiging van honderde verpleegkontrakte veroorsaak, is ‘n duidelike voorspelling van die chaos wat sal volg op die implementering van die NGV-wetsontwerp.”
8-jarige sterf toe Land Rover in meisieskool inploeg
Dié voorval by die private meisieskool in Wimbledon het plaasgevind nie ver nie van waar die Wimbledon-tennistoernooi tans aangebied word.
Groot fout by Rand Water, sê burgemeester
Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, sê die herhaalde wateronderbrekings in die stad is ’n aanduiding dat daar groot fout by Rand Water is. Die stad…
Gewilde seekosrestaurant in vlamme
Die eienaars van die bekende Muisbosskerm-seekosrestaurant op Lambertsbaai aan die Weskus hoop om binne ’n week weer hul deure oop te maak nadat ’n brand Vrydag vroegoggend daar uitgebreek het.
Michael kritiek dog stabiel ná ongeluk wat ouboet eis
“Hulle het die verdowing stelselmatig begin lig. Ek kon vir hom sê: ‘Haai pappa se kind. Pappa is hier by jou’.”
Vermeende transitorower vasgetrek
Die Toyota Fortuner word ook met ʼn ander transitorooftog verbind wat in Mei vanjaar by ʼn winkelsentrum in Bloemfontein afgespeel het.
Handwerk: Hekel jou eie oumablokkieserp
Helder die lang, koue winter op met die perfekte hekelprojek.
Junior Bokke slaggereed vir halfeindstryd teen Ierland
Hoofafrigter Bafana Nhleko sê hulle verwag ʼn strawwe wedstryd teen Ierland, maar dat die “moeilike pad na die halfeindronde” in die span se guns tel.
Wimbledon: Murray steeds voor; Broady maak skoonskip
Liam Broady wat 142ste op die ranglys is, het Donderdag ondersteuners verheug en skoonskip gemaak in die tweede rondte van die toernooi toe hy die vierde gekeurde Casper Ruud met vyf stelle gewen het.
Singapoer se lesse en SANEDI se merietevoorbeeld
By SANEDI blyk dit dat die kennerpersoneel in eie reg by die dinktenk aangestel is. Dis soos dit hoort en hopelik sal dit natuurlikerwys al hoe meer so ontwikkel. Want meriete is fundamenteel noodsaaklik vir ekonomiese sukses.
Die belastingseisoen is hier
Kennis is mag, en gegewe dat nie almal van ons belastingspesialiste is nie, kan genoegsame en verstaanbare inligting die spreekwoordelike angel uit jou belastingervaring haal.
Anargie in Frankryk ʼn voorsmakie van Wes-Europa se voorland
Die totale verlies aan nasionale identiteit, gekoppel aan die Christelike geloof en daarmee gepaardgaande die kerk, het in die meeste Wes-Europese lande ʼn teelaarde vir die mobilisering van radikale immigrante geskep.