Meer as 700 Limpopo-verpleegsters poste kwyt

(Foto: Twitter)

Altesaam 706 verpleegsters van Limpopo is vandeesweek sonder werk gelaat nadat hul kontrakte beëindig is.

Volgens die DA is dit ʼn weerspieëling van die ANC se eie strewe na mag – nie die gesondheid van die mense nie.

Michele Clarke, die DA se woordvoerder oor gesondheid, sê as die ANC werklik omgegee het vir gesondheidsdienste, sou hulle met die tesourie in gesprek tree om te verseker dat alle kritieke poste dringend gevul word.

“Hulle sou verseker dat gevolgbestuur geïmplementeer word, om van alle onbevoegde en korrupte bestuurders en personeel wat deurslaggewende hulpbronne vermors en steel ontslae te raak. Hulle sou ook gesondheidsinfrastruktuur opgradeer en ontwikkel om te verseker dat pasiënte gehaltesorg by veilige fasiliteite ontvang.

“Maar in plaas daarvan stoot hulle die wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) deur die parlement, sodat hulle vir die 2024 verkiesing kan voorgee dat hulle vir arm en kwesbare mense omgee.”

Volgens Clarke het die woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, Neil Shikwambana, aangedui dat die provinsie tans 1 200 vakante poste het, terwyl die departement in Maart verlede jaar ’n vakaturekoers van nagenoeg 41% vir professionele verpleegkundiges aangedui het.

Dr. Joe Phaahla, die minister van gesondheid, het ook onlangs aangedui dat 340 poste vir spesialiteitsverpleegkundiges in Limpopo vakant is.

“Die departement se gebrek aan versiendheid vir die verwoesting wat die beëindiging van honderde verpleegkontrakte veroorsaak – net maande nadat die provinsie sy ambisieuse plan bekend gestel het om 24 uur-toegang tot klinieke te bied – is ‘n duidelike voorspelling van die chaos wat sal volg op die implementering van die NGV-wetsontwerp,” sê Clarke.

Die DA gaan nou parlementêre vrae aan die minister voorlê om te bepaal hoeveel tydelike verpleegsters nog in al die provinsies in diens is, en wanneer hul kontrakte tot ‘n einde kom.

“Ons sal ook voortgaan om alles in ons vermoë te doen om die land se beperkte gehaltegesondheidsorg te beskerm en die NGV-wetsontwerp te voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johan Tredoux ·

Ek dink nie dit gaan n negatiewe impak hê op daardie hospitale nie.

JvR ·

Wat kry jy as jy 700+ post 94 verpleeg personeel uit die stelsel haal? Beter mediese sorg

Johann ·

ANC LEGACY! Maar kom hverrkiesing tyd dan stem “the people” hulle weer in hulle magsmal posisies in?

domheks ·

Sal seker mense van die straat af aanstel om ons te verpleeg. Viva cANCer julle vorder goed!

Chris dupreez ·

Die DA moet nou die geleentheid gebruik om aan daardie mense in Limpopo te gaan verduidelik hoe sleg die anc is

Hendrik ·

Hoekom is die VF+ deesdae so stil? Mens sien telkens net die DA wat kommentaar lewer op wanbestuur. Lyk my dis tyd om my stem op ‘n ander plek te laat tel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.