Groot fout by Rand Water, sê burgemeester

Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane tydens sy eerste stadsrede (Foto: Verskaf)

Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, sê die herhaalde wateronderbrekings in die stad is ’n aanduiding dat daar groot fout by Rand Water is.

Die stad ervaar sedert Desember verlede jaar maandeliks wateronderbrekings, soms sonder enige vooraf kennisgewing of ander kere op baie kort kennisgewing deur Rand Water.

Rand Water verskaf sowat 70% van Tshwane se water.

“Rand Water gee beurtkrag, kabeldiefstal of vandalisme die skuld vir die onderbrekings. Ons verstaan dit, maar aanduidings is dat daar baie groot fout by Rand Water is,” sê Brink.

“Dit is gegrond op die feit dat Rand Water die stad ignoreer wanneer ons probeer om inligting oor hul watervlakke te kry en versoek dat hulle ons vooraf in kennis moet stel van onderhoudskwessies.”

Brink het aan die voorsitter van Rand Water oor die kwessie geskryf en dieselfde brief ook aan die minister van water en sanitasie gerig.

“Ons wil graag hê dat Tshwane se inwoners van die kwessie moet weet, want dit gaan in die toekoms al hoe meer gebeur.”

Volgens Brink is die wateronderbrekings nie weens die stad se uitstaande waterrekening nie.

“Die onderbrekings wat nou en sedert Desember plaasvind, is nie en kan nie weens die uitstaande skuld wees nie.”

Die stad is in gesprek met Rand Water oor sy skuld en die vereffening daarvan.

“Die probleme wat ons nou in die gesig staar, is bedryfskwessies by Rand Water en dit is wat ek en my span in die weke wat voorlê, gaan hanteer.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanR ·

Is daar nie gese as jy in ‘n bad vol melk bad dat jou vel lekker sag sal wees?

Pietertjie ·

Hoekom ruik ek ANC/EFF in hierdie hele water-kwessie? Die burgemeester is nie aan een van daai twee partye (of is dit faksies) onderdanig nie…

Johan Tredoux ·

n Bewys dat die reuksintuig van die mens nie genoeg onwikkel het om verder te ruik as die ooglopende nie.

Kokerboom ·

Reg Cilliers! Roei en stoei en frustreer hulle! Die nonsens kan nie so aangaan!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.