Vermeende transitorower vasgetrek

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

ʼn Multidissiplinêre span van die Valke het Woensdag ʼn transitorower vasgetrek wat met twee rooftogte verbind word.

Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, het die polisie ʼn Toyota Fortuner met vyf vermeende transitorowers op die N6-snelweg naby Reddersburg in die Vrystaat gewaar.

“Die verdagtes het die polisie gesien en uit die voertuig gespring en in verskillende rigtings laat spaander,” sê Singo. “Die polisie het die verdagtes agterna gesit en ʼn 41-jarige man aangekeer.”

Daar is vasgestel dat die Toyota Fortuner glo in September verlede jaar in Parkview, Gauteng, gesteel is.

“Die verdagtes word verbind met ʼn transitorooftog wat in Lady Grey, Oos-Kaap, plaasgevind het.”

Die Toyota Fortuner word ook met ʼn ander transitorooftog verbind wat in Mei vanjaar by ʼn winkelsentrum in Bloemfontein afgespeel het.

Die verdagtes is aan die Valke in die Oos-Kaap oorhandig vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Di ·

Net 1 van die 5 gevang?? Hoe op dees aarde kry die kriminele dit reg om so weg te kom

efjy ·

Gelukkig weet die ou wat gevang is darem wie die ander 4 is en selfs nog wat by vorige rooftogte betrokke was. Ek weet nie hoe die polisie in die verlede sulke inligting gekry het nie, maar hulle metode het gewerk. Miskien kan ‘n paar van ou Jan van Riebeeck se span ons uithelp.

Marcello ·

Hulle kan hulle nie agterna sit nie, want die Polisie te oorgewig, en nie fiks nie.

MJLS ·

Polisie weet mos hoe om hierdie een aan die praat te kry – tensy hulle deel in die buit. Sluit die skuldiges ver weg toe op ‘n afgeleë eiland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.