Soorte resepte:

Netflorist lewer vars groente en vrugte af tydens afsondering

Die blomme-en-geskenkafleweringsdiens, Netflorist, gaan van Maandag 30 Maart af vars groente en vrugte aflewer. Hulle beoog ook om later warm etes op hul spyskaart te plaas.

Dié diens sal beskikbaar wees aan mense in Johannesburg-Noord en Pretoria. Daar is wel ook ander inkopie-afleweringsdienste wat mense in ander dele van die land kan gebruik, soos Woolworths, Pick n Pay en Checkers.

Volgens Netflorist se webwerf beoefen hulle die beste praktiese persoonlike higiëne om te verseker dat die vars produkte veilig en vars bly. Hulle beloof ook dat die vars produkte die dag ná bestelling afgelewer sal word.

Mense kan nou kies tussen ʼn vars vrugte- of groenteboks, of hulle kan ʼn mengsel daarvan bestel. Aflewering vir dié diens kos sowat R90 en verskillende groottes van die bokse is beskikbaar.

ʼn Klein vrugteboks het byvoorbeeld 6 items en kos sowat R300, ʼn mediumgrootte boks het 10 items en kos sowat R500, en ʼn groot boks het 16 items en kos sowat R700.

Netflorist sê hulle het die volgende veiligheidsmaatreëls ingestel om te verseker dat die beste higiëne toegepas word met die aflewering van jou produkte:

  • Alle personeel word ontsmet met aankoms en daarna uurliks.
  • Bestuurders van afleweringsvoertuie word ontsmet voor hulle aan jou pakkie raak en bied ook ontsmettingsmiddel aan die ontvanger wanneer die pakkie afgelewer word.
  • Om persoonlike kontak te verminder, vra bestuurders die ontvanger of die pakkie buite die deur of in die voorportaal gelos kan word.
  • Die afleweringsvoertuie word gereeld ontsmet.
  • Ontvangers hoef nie te teken dat hulle hul pakkie ontvang het nie.

Vir meer inligting, besoek Netflorist hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.