Soorte resepte:

Resep-video: Biltong-en-kaassop

Biltong-en-kaassop. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

ʼn Bak vol warm romerige sop is die perfekte manier om die winterkoue af te weer. Hierdie dik, vullende biltong-en-kaassop is propvol smaak en sal al te heerlik werk saam met plaasbrood en botter.

Die resep is genoeg om ses honger mae vol te maak.

Bestanddele

  • 100 ml beesaftreksel, opgelos in kookwater
  • 100 g botter
  • 5 ml knoffel
  • 50 ml koekmeel
  • 2 ml neutmuskaat
  • 2 ml koljander
  • 3 ml varsgemaalde swartpeper
  • 500 ml melk
  • 100 ml room
  • 80 g biltongpoeier
  • 80 ml fetakaas (met swartpeperkorrels), gekrummel
  • 100 ml gerasperde cheddarkaas
  • 10 ml sjerrie (opsioneel)

Metode

  1. Smelt die botter in ʼn kastrol oor lae hitte.
  2. Braai dan die knoffel in die botter vir ʼn paar sekondes.
  3. Voeg die meel, neutmuskaat, koljander en varsgemaalde swartpeper by en roer goed.
  4. Gooi die beesaftreksel by en meng alles saam.
  5. Roer die melk en room by en bring tot kookpunt. Roer die sop gereeld sodat dit nie klonte maak nie.
  6. Wanneer die sop lekker dik en romerig is, kan jy die biltong en kaas byvoeg en alles weer goed roer. (Indien jy sjerrie in jou sop wil gooi kan jy dit bygooi net voor jy dit voorsit).
  7. Strooi ʼn bietjie biltong en kaas bo-oor as garnering en sit warm voor met ʼn lekker sny brood en botter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Racheltjie Debeer ·

6 honger mae??? Dis nie eers ‘n liter sop nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.