Soorte resepte:

Resep: Boontjieatjar

Boontjieatjar. (Foto: Lapa Uitgewers)

Pak ʼn botteltjie van hierdie boontjieatjar in by jou vakansievoorraad.

Bestanddele

  • 700 g groenboontjies
  • 4 groot tamaties
  • 4 groot uie
  • 2½ k suiker
  • 500 ml asyn
  • 10 ml borrie
  • 10 ml kerrie
  • 2,5 ml rooipeper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Kook die boontjies tot gaar, dreineer en hou eenkant.
  2. Kook die tamaties, uie, suiker, asyn, borrie, kerrie, rooipeper, sout en peper saam tot sag.
  3. Voeg die boontjies by die mengsel en kook vir 15 minute. Bottel die boontjieatjar in gesteriliseerde glasbottels.

Bron: Sjef Snoekie laat die potte sing
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Haibo ·

Sjoe, dit klink hemels. Wat kan ek in die plek van uie gebruik asseblief, ek eet dit glad nie?

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Haibo

Baie dankie vir jou navraag.
Ons is effens onseker want ons vermoed jy gaan die smaak van jou boontjieatjar heeltemal verander as jy uie met ander bestanddele vervang. Jy kan wel ʼn kombinasie van groen peper en seldery as plaasvervanger probeer gebruik, of bloot die uie uit die resep weglaat. Dit is opsies wat jy kan uittoets, maar Maroela Media kan ongelukkig nie aanspreeklikheid aanvaar as die resep sou flop nie. Laat weet ons gerus as jy dit wel getoets het en wat die eindresultaat was.

Groetnis
Esté Meyer Jansen namens Maroela Media

Haibo ·

Baie dankie vir jou antwoord, ek verstaan heeltemal dat die resep dalk nie dieselfde gaan proe nie. Ek het al geleer waarmee ek uie kan vervang en my kos is heerlik, ek was net nie seker oor die hoeveelheid in die boontjieatjar nie want ek glo dat buiten vir die smaak dat die inhoud mates ook die resep sal verander. Ek gaan eksperimenteer en sal laat weet sodra ek uitslag het. Die resepte op hierdie blad is besonders en ek waardeer al julle harde werk om dit interessant en lip smak lekker te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.