Soorte resepte:

Resep: Eenbak-hoendergereg in romerige tamatiesous

Eenbak-hoendergereg in romerige tamatiesous. (Foto: Rediscover Dairy)

Hierdie hoendergereg sal alte fraai op jou etenstafel pronk.

Voorbereidingtyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Bedien: 4 porsies

Porsiegrootte: 300 g

Bestanddele

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 4 ontbeende hoenderborsies sonder vel, opgesny in blokkies
  • sout en peper na smaak
  • 10 ml (2 t) paprika

Vir die tamatiesous

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 (4 g) knoffelhuisies, dun gesny
  • 1½ k Passata-tamatiesous
  • 5 ml (1 t) gedroogde origanum
  • 4 g (1 t) suiker
  • sout en peper na smaak
  • 125 ml (½ k) gewone dubbelroomjogurt of karringmelk
  • vars basiliekruid vir bediening
  • Om te bedien: kapokaartappels of rys

Metode

1.    Verhit 30 ml olie in ʼn groot kleefvrye braaipan oor medium hitte.2.    Geur opgesnyde hoenderborsies met sout, peper en paprika.

  1. Plaas hoender in die pan en braai vir 8-10 minute tot gaar. Haal die hoender uit die pan en plaas eenkant.
  2. Voeg nog 30 ml olie in dieselfde pan en braai die uie vir 3-4 minute tot goed gaar. Voeg die knoffel, Passata-sous en origanum by en geur met sout en peper na smaak.
  3. Bring die sous tot kookpunt en verminder die hitte tot ʼn sagte prut. Kook vir ʼn verdere 10 minute om die sous in te damp. Verwyder die pan van die hitte en roer die jogurt of karringmelk by. Voeg die hoender by en bedek deeglik met die sous. Strooi vars basiliekruid oor en bedien warm saam met kapokaartappels of rys.

Bron: Rediscover Dairy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Koos 100 ·

El dink saam met krummel pap of spagetti sal hierdie lekker afgaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.