Soorte resepte:

Resep: Hoender-en-noedelslaai

Hoender-en-noedelslaai. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie heerlike noedelsaai is ʼn perfekte kosblikgereg vir die dag wanneer jy nie in die bui is vir toebroodjies nie.

Genoeg vir 4 porsies.

Bestanddele

  • 100 g klein durumkoring-skuldnoedels, rou
  • 150 ml kookwater
  • 1 hoenderaftrekselblokkie
  • 2 swart peperkorrels
  • 2 heel kruienaeltjies
  • 2 lourierblare
  • 2 hoenderfilette
  • 20 ml ui, geskil, fyngekap
  • 1 middelslag groen soetrissie, ontpit, fyngekap
  • 1 blik ingemaakte perskeskywe (410 g), gedreineer, in stukkies gesny
  • 2 klein rooiskilappels, ontkern, in blokkies gesny
  • 125-150 ml lae-olie-slaaisous van keuse (bv. Knorr Light Yoghurt & Honey)
  • 30-60 ml vrugteblatjang
  • 10 ml matige kerriepoeier

Metode

  1. Kook die noedels vir 8-10 minute in soutwater tot net gaar, maar nie pap nie. Dreineer en laat afkoel.
  2. Verhit die water, aftrekselblokkie, peperkorrels, naeltjies en lourierblare saam tot kookpunt. Plaas die hoenderfilette in die kokende aftreksel en prut dit 15-20 minute lank tot sag en gaar. Laat die filette in die aftreksel afkoel.
  3. Sny die filette in stukkies en voeg dit by die gaar noedels. Voeg die ui, soetrissie, perskestukkies en appel by.
  4. Meng die slaaisous, blatjang en kerriepoeier en giet dit oor die slaai. Meng liggies deur en verkoel voor bediening.

Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa

Deel van: Kos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.