Ietsie vinnig en ideaal vir jou kosblik!
Lewer 4 x 50 g
Aanbevole porsiegrootte: 50 g (1-2 broodsnye se rolletjies)
Bestanddele
4 snye lae-GI-brood
20 ml laevetmayonnaise
4 snytjies gekookte ham
4 dun komkommer- of agurtjierepies
4 dun soetrissie- of wortelrepies
Metode
- Sny die broodkorsies af. Rol die korslose broodsnye met ’n deegroller plat.
- Smeer 5 ml mayonnaise op ’n sny brood.
- Plaas 1 snytjie ham bo-op die mayonnaise. Laat die ham effens oor die rand van die brood steek.
- Plaas 1 repie van elke groentesoort aan die bopunt van die ham wat oorsteek.
- Rol die broodjie in ’n stywe rolletjie op met die groenterepies binne-in.
- Sny die broodrolletjie in soesji-breedte wieletjies. Draai dit plat sodat dit soos soesji lyk.
- Herhaal met die ander broodsnye.
Bron: Gesonde Kosblikke
Uitgewer: Lapa