Soorte resepte:

Resep: Kondensmelk-yskasblokkies

Kondensmelk-yskasblokkies (Foto: Lapa Uitgewers)

’n Heerlike versnapering op ’n warm somersdag.

Ongeveer 36 blokkies.

Bestanddele

  • 300 g Clover Farmstyle-botter
  • 385 g (1 blik) Clover-kondensmelk
  • 150 g (¾ pakkie) Mariebeskuitjies, fyn gedruk
  • 200 g (1 pakkie) Eet-Sum-More-koekies, grof gekap
  • 100 g (1 pakkie) makadamia-neute, grof gekap
  • 187 ml (¾ k) versiersuiker
  • 250 ml (1 k) fyn klapper
  • 24 rooi glanskersies, gehalveer
  • ekstra Clover Farmstyle-botter om mee te smeer

Sjokoladelaag

  • 300 g (3 x 100 g plakke) witsjokolade, gesmelt
  • 30 ml (2 e) Clover-vars room

Metode

  1. Smelt die botter in ‘n groot genoeg kastrol.
  2. Roer die kondensmelk by en kook vir 2 minute terwyl gereeld geroer word
  3. Roer die koekies, neute, versiersuiker, klapper en kersies by.
  4. Smeer ‘n bak van 20 cm x 30 cm met bolter.
  5. Druk die mengsel in die bak vas. Maak gelyk bo-op.
  6. Smelt die sjokolade en room in die mikrogolf teen 60% krag of oor ‘n dubbelkoker op die stoofplaat tot glad en sonder klonte.
  7. Smeer bo-oor die koekies. Laat tot net gestol en sny dan in blokkies.

Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Net die versnapering vir ‘n soettand…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.