Soorte resepte:

Resep: Krummel-hoenderhappies

Krummel-hoenderhappies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie hoenderhappies sal ʼn treffer tydens jou volgende familie-ete wees.

Bestanddele

  • 10 ml makadamia- of kanola-olie
  • 320 ml lae-Gl-broodkrummels, gemaak van 2 snye brood
  • 80 ml gerasperde Parmesaankaas
  • 2,5 ml sout
  • 2,5 ml droë tiemie
  • 2,5 ml droë basilie
  • 250 ml karringmelk
  • 500 g hoenderborsies, ontbeen en sonder vel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Smeer 2 middelslag-bakplate elk met 5 ml olie (of 1 groot bakplaat met 10 ml olie).
  3. Meng die broodkrummels, Parmesaankaas, sout, tiemie en basilie in ‘n middelslag-mengbak.
  4. Plaas die karringmelk in ‘n vlak bak.
  5. Sny die hoenderborsies in 3 x 3 cm-stukkies.
  6. Gebruik 2 vurke om elke stukkie hoender eers in die karringmelk te doop en dan in die broodkrummelmengsel te rol.
  7. Versprei die hoenderstukkies egalig in ‘n enkele laag op elke bakplaat en bak 10-15 minute tot gaar.

Bron: Gesonde kosblikke
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Freda ·

Ek persoonlik hou van n bietjie meer kleur aan hoender. Maar ek weet ook nie of die balletjies nog gebak moet word nie. Met die pietersielie wil ek aanneem dis alreeds gaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.