Soorte resepte:

[Resep] Lemoenmarmelade

Foto: Bottel en gebruik

Lemoenmarmelade. Foto: Bottel en gebruik

Dit is belangrik dat marmelade nie te soet moet wees nie, maar eerder die kenmerkende smaak moet hê van die vrug waarvan dit gekook is.

Lewer ±2 kg

Bestanddele:

  • 1 kg bitterlemoene (Sevilla-Iemoene), gehalveer
  • 2 liter water
  • 2 suurlemoene se sap
  • 2 kg suiker

Metode:

  1. Haal die pitte uit die lemoene en bind die pitte in ʼn moeseliendoek toe. Sny die ongeskilde vrugte in dun repies.
  2. Plaas die vrugte en die doek met pitte in ʼn groot glasbaken giet die water oor. Plaas ʼn bord bo-op om die vrugte onder te hou en laat dit oornag staan.
  3. Verhit die vrugte, water en suurlemoensap in ʼn swaarboomkastrol tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir ʼn uur of totdat die lemoenskil sag is.
  4. Verwyder nou die moeseliensakkie, druk die vloeistof uit en voeg dit by die vrugte.
  5. Voeg die suiker by en roer oor lae hitte tot dit opgelos is. Skep alle skuim af wat bo-op gevorm het.
  6. Kook die mengsel vinnig vir 10-15 minute, of totdat die marmelade 105 °C bereik. Toets vir stolpunt.
  7. Verwyder die kastrol van die hitte en laat staan dit ʼn paar minute.
  8. Skep die marmelade in gesteriliseerde bottels en verseël.

Wenk:

As bitterlemoene (Sevilla-Iemoene) nie beskikbaar is nie, gebruik dieselfde hoeveelheid soet lemoene, maar vervang vir elke 500 g vrugte een lemoen met ’n suurlemoen.

Bron: Bottel en gebruik
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.