Soorte resepte:

Resep: Ligte kaassoufflé

Ligte kaassoufflé. (Foto: Lapa Uitgewers)

Sit dit voor saam met geroosterde groente en ʼn slaai.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 35 ml makadamia- of olyfolie
  • 15 ml fyn Parmesaankaas
  • 30 ml kekerertjiemeel
  • 375 ml warm laevetmelk
  • 250 ml gerasperde beleë Cheddarkaas
  • 2,5 ml sout
  • 1,25 ml swartpeper
  • 1,25 ml neutmuskaat
  • 4 groot eiers, by kamertemperatuur
  • 2,5 ml suurlemoensap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ses ramekins of klein oondvaste bakkies liggies met olie en sprinkel elkeen met 2,5 ml fyn Parmesaankaas.
  2. Verhit 30 ml van die olie in ’n dikboomkastrol oor matige hitte, sprinkel die meel daarby en roer ’n paar minute totdat dit verdik. Voeg die melk geleidelik by, roer aanhoudend en bring tot kookpunt. Laat prut oor ’n laer hitte totdat die mengsel ’n gladde sous vorm. Verwyder van die stoofplaat.
  3. Roer die Cheddarkaas, sout, swartpeper en neutmuskaat daarby en laat effens afkoel.
  4. Skei die eiers en roer die eiergeel by die witsous.
  5. Plaas die eierwit in ’n skoon mengbak. Voeg die suurlemoensap daarby en klits totdat stywe pieke vorm. Roer 30 ml eierwit versigtig by die mengsel. Vou die res van die eierwit liggies in met ’n spatel net totdat die wit strepe amper verdwyn.
  6. Skep die mengsel in die bakkies.
  7. Plaas op die onderste oondrak en bak ongeveer 25-30 minute tot goudbruin en totdat die toetspen skoon uitkom.
  8. Sit dadelik voor.

Bron: Slim laekoolhidraatgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.