Maak hierdie heerlike versnapering vir jou volgende koek-en-tee-kuier.
Genoeg vir 12 tot 14
Bestanddele
- 1 e (15 ml) Clover Springbok‑botter
- 1 klein ui, geskil en gekap
- ½ k (75 g) heelpitmielies
- 1 k (125 g) Clover‑goudakaas, gerasper
- 2 e (30 ml) Clover‑suurroom
- 1-2 rooi rissies, ontpit en gesny
- 2 e (30 ml) vars koljanderblare, gekap
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 8-10 velle fillodeeg
- ¼ k (60 g) Clover Springbok‑botter; gesmelt
- 1 e (15 ml) sesamsaad
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Verhit die 15 ml botter in ’n pan oor lae hitte en soteer die ui 3 tot 4 minute, of tot sag. Skep in ’n mengbak en laat koel af.
- Meng die mielies, kaas, suurroom, rissies en koljander by en geur met sout en peper.
- Plaas ’n fillodeegvel op die werkoppervlak en verf met gesmelte botter.
- Lê nog ’n vel deeg bo-op en sny in drie lang stroke. Bedek die res van die deegvelle met ’n klam vadoek sodat dit nie uitdroog nie.
- Skep ’n eetlepelvol van die mieliemengsel in die een hoek van ’n deegstrook.
- Vou skuinsoor om ’n driehoek te vorm. Hou aan om die deeg om te vou en behou die driehoekvorm.
- Plaas die driehoek op ’n bakplaat. Maak die res van die driehoekies ook so.
- Verf die kante wat na bo lê met gesmelte botter en strooi sesamsaad oor.
- Bak 12 tot 15 minute of tot goudbruin.
Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
@MM – dit lyk heerlik, maar iets is fout met die eerste bestanddeel wat genoem word. Dit lyk nie volledig nie. Dankie vir die resepte.