Soorte resepte:

Resep: Sampioen-en-mozzarella-fondue

Sampioen-en-mozzarella-fondue (Foto: The South African Mushroom Farmers’ Association)

Rooster ʼn paar snye baguette en geniet dit saam met hierdie heerlike, ryk fondue.

Genoeg vir 4 porsies

Bestanddele

  • 8 snye baguette
  • olyfolie vir bestryking
  • seesout en swartpeper na smaak
  • 1 knoffelhuisie, geskil, maar heel gehou
  • 2 e botter
  • 400 g portabellini- of knopiesampioene, gehalveer
  • 4 takkies vars roosmaryn
  • ʼn bossie vars salieblare
  • 300 g buffelsmelk-mozzarella, gedreineer en in repe geskeur

Metode

  1. Voorverhit die oond op rooster.
  2. Bestryk snye baguette met ʼn bietjie olyfolie en besprinkel hulle met sout. Rooster tot goudbruin en bros. Haal uit die oond uit en vryf met die knoffelhuisie terwyl hulle nog warm is. Plaas eenkant.
  3. Verhit ʼn mediumgrootte oondvaste braaipan oor hoë hitte.
  4. Smelt die botter en voeg die sampioene, roosmaryn en salie by.
  5. Geur kwistig met sout en peper.
  6. Braai vir 5 minute tot goudbruin.
  7. Ontglans met ʼn spatsel brandewyn en flambé.
  8. Strooi repe mozzarella bo-oor en sit vir 3 tot 5 minute onder die rooster of totdat die kaas gesmelt het en borrel en begin verbruin. Bedien dadelik met die knoffelroosterbroodjies.

Bron: Suid-Afrikaanse Sampioenkwekersvereniging 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.