Soorte resepte:

Resep: Spinasie-en-sampioen- gebakte eiers

Spinasie-en-sampioen- gebakte eiers. (Foto: Die Suid-Afrikaanse Sampioenboerevereniging)

Spinasie is dalk nie almal se gunstelinggroente nie, maar die karakter Popeye het geweet dit is superkos propvol antioksidante en vitamine A, C en K. Vier Nasionale Spinasiedag op 26 Maart met hierdie heerlike gereg.

Lewer 4 porsies

Vulselbestanddele

  • 5 medium preie, in skywe gesny
  • 500 g Portabellini-sampioene, in skywe gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 400 g babaspinasie
  • 2 e botter
  • 2 e meel
  • 350 ml melk
  • 2 t mosterd
  • knippie neutmuskaat
  • ½ koppie gerasperde Parmesaankaas
  • 4 groot eiers
  • sout en pienk peperkorrels
  • olyfolie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 ˚C en berei 4 ramekins op ʼn bakplaat voor.
  2. Blansjeer die spinasie met ʼn vergiettes in die wasbak. Gooi kookwater oor en spoel dan dadelik met koue water af. Druk al die water uit en hou eenkant.
  3. Soteer die sampioene in ʼn bietjie olyfolie tot goudbruin in ʼn groot braaipan oor hoë hitte. Sit sampioene eenkant.
  4. Voeg in dieselfde pan die botter, die preie en knoffel by en kook tot die preie sag is en die knoffel geurig is.
  5. Sprinkel die meel by en kook dit vir ʼn paar minute terwyl jy aanhoudend roer.
  6. Gooi die melk by en roer tot glad. Bring tot kookpunt.
  7. Geur met sout, peper, mosterd en neutmuskaat.
  8. Sodra die mengsel dik is, verwyder van die hitte. Roer die sampioene, spinasie en Parmesaankaas by.
  9. Deel die mengsel tussen die ramekins en maak ʼn holte in die middel van elkeen. Breek ʼn eier in elke holte en bak vir 10-15 minute tot die eiers gaar is na jou smaak. Sprinkel ʼn paar fyngemaakte pienk peperkorrels oor en geniet.

 

Bron: Die Suid-Afrikaanse Sampioenboerevereniging

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.