Soorte resepte:

Resep: Steaksosaties met chimichurri-sous

Steaksosaties met chimichurri-sous. (Foto: Lapa-uitgewers)

Liplek-lekker sosaties vir ʼn Sondagmiddagbraai.

Lewer 4–6 porsies

Bestanddele

  • 500 g steak, in 2,5 cm-blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 groot rooi-ui, in groot stukke gesny
  • 18 kersietamaties
  • 6 sosatiestokkies, vir 1 uur in water geweek

Chimichurri-sous

  • 30 ml gekapte rooi-ui
  • 45 ml rooiwynasyn
  • 45 ml suurlemoensap
  • 2 ml sout
  • 45 ml olyfolie
  • 250 ml gekapte vars pietersielie, sonder steeltjies
  • 2 knoffelhuisies
  • 30 ml gekapte vars origanumblare
  • 2 ml varsgemaalde swartpeper
  • 2 ml brandrissievlokkies

Metode

  1. Geur die vleis met sout en peper na smaak.
  2. Vir die chimichurri-sous: Meng die ui, asyn, suurlemoensap, sout en olyfolie saam en laat dit vir 5 minute rus sodat die geur kan meng.
  3. Meng al die sousbestanddele saam in ʼn voedselverwerker en pols tot dit fyngekap en goed gemeng is. Hou die sous in die yskas tot nodig.
  4. Ryg die ui, vleis en tamaties om die beurt op die sosatiestokkies.
  5. Braai die sosaties vir 5 minute op ʼn kant oor matige kole of tot gaar genoeg na smaak.
  6. Rangskik die sosaties op ʼn opdienbord en sit voor saam met die chimichurri-sous.

Bron: Lekker & Vinnig: Sosaties

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.