Soorte resepte:

Resep: ‘Tiaan Proe’ se gevulde ontbeende hoender

‘Tiaan Proe’ se gevulde ontbeende hoender. (Foto: verskaf)

Daag jou kookvernuf met hierdie hoenderresep uit, jy mag jou dalk net knuppeldik daaraan eet.

Bestanddele

  • 1 heel hoender, ontbeen
  • 1 groot pak spinasie, gestoom
  • kaas van jou keuse, soos feta en mozzarella, gerasper of gebreek
  • sout en peper na smaak
  • vars gekapte kruie, basiliekruid, pesto en roosmaryn
  • 1 pak repiesspek

Metode

  1. Ontbeen die hoender. Maak seker daar is geen bene in nie.
  2. Lê die spek op ’n stukkie foelie neer en maak seker daar is genoeg ruimte om die hoender bo op die spek neer te sit.
  3. Plaas die ontbeende hoeder op die spek en vul met die vulsel. Maak seker jy geur die hoender na smaak.
  4. Rol die hoender weg van jou om seker te maak dat die borsvleis aan die binnekant van die rol is. Gebruik die foelie om die spek om die rol hoender te rol.
  5. Maak die hoender goed vas aan die kante en plaas in ’n voorverhitte oond van 180 ˚C vir sowat 45 min of tot die hoender gaar is.
  6. Laat die hoender in die foelie rus voordat jy dit verwyder. Sny nou in wiele en bedien met enige bykos van jou keuse.
  • Vir meer resepte kyk na Tiaan Proe elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.