Soorte resepte:

Resep: ‘Tiaan Proe’ se kinderhappies

‘Tiaan Proe’ se kaasmuffins. (Foto: verskaf)

Hierdie happies uit Tiaan Langenegger se kinderdae sal heerlike versnaperinge oplewer. Kry die vyfde episode van Tiaan Proe se resepte hier.

Kaasmuffins

Bestanddele

  • 1 k meel
  • 1 k gerasperde kaas
  • 7 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 1 eier
  • ½ k melk
  • bietjie cayennepeper as jy wil

Metode

  • Meng alles saam.
  • Bak in ʼn voorverhitte oond van 200 ˚C.

‘Tiaan Proe’ se skelvis-en-kaas-wiele. (Foto: verskaf) 

Skelvis-en-kaas-wiele

Bestanddele

  • 1 rol skilferkorsdeeg, oornag in die yskas ontdooi
  • 3 skelvis-filette, ontdooi
  • 3 k gerasperde kaas van jou keuse
  • gekapte pietersielie
  • swartpeper na smaak

Metode

  1. Rol die deeg oop voor jou. Moenie die deeg verder plat druk of uitrol nie.
  2. Stoom die skelvis gaar en verpulp met ’n stokvermenger.
  3. Smeer dit op die oopgerolde deeg.
  4. Sprinkel ’n bietjie kaas oor die vis en strooi met die gekapte pietersielie; geur nou met swartpeper na smaak.
  5. Rol die hele stuk deeg op in ’n wiel en sny nou in skywe. Pak die wiele op ’n gesmeerde bakplaat wat verkieslik ook met bakpapier bedek is. Maak seker daar is ’n bietjie spasie tussen die wiele.
  6. Bak in ’n voorverhitte oond by 180 ˚C tot ligbruin en gaar. Laat effens afkoel voor jy dit bedien, want dit raak effe meer bros soos dit afkoel.

‘Tiaan Proe’ se gekrummelde visvingers. (Foto: verskaf)

Gekrummelde visvingers

Bestanddele

  • 1 pakkie stokvis-medaljes, oornag in die yskas ontdooi
  • 2 k jogurt, verkieslik volroom en dik
  • 1 e paprika
  • gekapte kruie van jou keuse
  • skil van 1 suurlemoen
  • broodkrummels van jou keuse (ek verkies “panko”-krummels)

Metode

  1. Meng die jogurt met al die kruie en speserye en meng baie goed.
  2. Sit die stukkies vis daarin en marineer vir sowat 15 minute, maar oornag in die yskas kan nie skade doen nie.
  3. Gooi krummels in ’n plat bak en sit die stukkies vis in die krummels en rol lekker rond sodat die vis heeltemal bedek is.
  4. Pak nou die vis op ’n gesmeerde bakplaat wat ook met bakpapier bedek is. Bak in ’n baie warm voorverhitte oond van 200 ˚C tot bros en bruin. Maak seker jy laat die vis effens rus voor jy dit opdien.
  5. Jy kan dit met ’n tuisgemaakte tartaarsous of net mayonnaise, of selfs tamatiesous bedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Heerlik en maklik.
Ek gebruik daai muffin/skon resep gereeld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.