Soorte resepte:

Resep-video: Pasteiring vir Kersfees

Pasteiring vir Kersfees. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Maak jou kos netso mooi soos jou tafeldekor dié Kersfees.

Jy kan met die vulsel rondspeel en selfs basiliekruidpesto in plaas van songedroogde tamatiepesto gebruik, olywe is ook heerlik by hierdie vulsel.

Bestanddele

  • 1-2 rolle bevrore blaardeeg, ontvries
  • ½ k songedroogde tamatiepesto of ‑sous
  • 1 k mozzarellakaas, gerasper
  • spek, in stukkies gesny en bros gebraai

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Rol die blaardeeg versigtig oop en smeer dit met ʼn lekker dik laag pesto.
  3. Sprinkel die kaas en spek bo-oor en rol die deeg weer op.
  4. Sny dit in 2 cm‑skywe en pak dit in ʼn sirkel op die voorbereide bakplaat.
  5. Bak dit vir 25 minute of tot gaar.
  6. Laat dit afkoel voor jy dit voorsit.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.