Soorte resepte:

Resep-video: Bovril-en-biltongbroodjies

Bovril-en-biltongbroodjies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie resep sal altyd ʼn gunsteling wat aan jou kinderjare herinner, bly. Nou kan jy nuwe herinneringe skep en die resep weer vir die volgende vriende- en familiebyeenkoms voorsit.

Bestanddele

  • 230 g (250 ml) sagte botter
  • 65 g (½ potjie) Bovril of Marmite
  • 24 snye sagte winkelbrood
  • 24 ronde soutkoekies, soos Salticrax
  • 300 g fyn poeierbiltong

Metode

  1. Meng die botter en Bovril saam tot glad.
  2. Smeer dan die bottermengsel op die brood en maak 12 toebroodjies.
  3. Sny dit met ʼn ronde koekiedrukker (so groot soos die soutkoekies) uit die toebroodjies.
  4. Smeer ʼn bietjie bottermengsel op elke koekie en plak dit weerskante op die toebroodjiesirkels.
  5. Smeer die droë kante van die koekies met die bottermengsel en rol dit in die fyn biltong.
  6. Sit dit saam ander peuselhappies voor en geniet.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

honeybee ·

Het vroeer jare dit baie gemaak, maar daarvan vergeet. Gaan dit defenitief weer maak. Dis heerlik met bacon kips.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.