Soorte resepte:

Resep-video: Kaas-en-kruiekoekies

Kaas-en-kruiekoekies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

ʼn Heerlike peuselhappie wat lekker saam met byna enigiets van roomkaas, konfyt tot ʼn soet rissiesous gaan. Jy kan die gemengde kruie vervang met slegs een krui van jou keuse of dit selfs weglaat.

Bestanddele

  • 200 g (¾ k) meel
  • 200 g botter, kamertemperatuur
  • 200 g (1 k) cheddarkaas, gerasper
  • ¼ k droë gemengde kruie

Metode

  1. Spuit ʼn bakplaat met kleefwerende kossproei en voer dit met bakpapier uit.
  2. Meng al die droë bestanddele goed saam.
  3. Vou die botter by die droë bestanddele met jou hande in, tot dit ʼn deegbol vorm.
  4. Druk die deeg plat in die voorbereide bakplaat en laat dit in die yskas afkoel vir 20-30 minute.
  5. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  6. Rol die deeg effens platter (ongeveer 5 mm dik).
  7. Bak dit vir 12-15 minute in die oond tot goudbruin.
  8. Haal die koekies uit die oond en laat dit op die pan behoorlik afkoel. Indien moontlik laat die koekies oornag in die yskas staan voordat jy dit in kleiner blokkies sny, anders verkrummel dit.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.