Soorte resepte:

Resep-video: Kersie-en-klapperblokkies

Kersie-en-klapperblokkies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie kersie- en klapperblokkies is so maklik en vinnig om aanmekaar te slaan – jy benodig net sewe bestanddele – en dit is ongelooflik lekker.

Bestanddele

  • 160 g donkersjokolade
  • 55 g botter
  • 110 g suiker
  • 1 eier
  • 110 g gedroogde klapper
  • 55 g rosyne
  • 55 g rooi kersies, in die helfte gesny

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ʼn broodpan met kleefwerende kossproei en voer dit met bakpapier uit.
  3. Smelt die sjokolade en smeer dit oor die basis van die pan. Hou eenkant om hard te word.
  4. Verroom die botter en suiker.
  5. Klits die eier by.
  6. Voeg die klapper, rosyne en kersies by en meng goed.
  7. Smeer oor die sjokoladebasis en bak dit in die oond vir 20-25 minute, tot goudbruin bo-op.
  8. Verkoel tot die sjokolade weer gestol.
  9. Sny dit in blokkies.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.