Soorte resepte:

Resep-video: Souttert met biltong en kaas

Souttert met biltong en kaas. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Wat souttert so lekker maak is die feit dat ʼn mens dit byna enige tyd kan eet – as ontbyt, as peuselhappie of selfs as middagete in ʼn kosblik.

Bestanddele

  • 1 vel gekoopte broskorsdeeg
  • 250 g cheddarkaas, gerasper
  • 80 g gekerfde biltong
  • 4 eiers
  • 375 ml room
  • sout en peper, na smaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ʼn tertbak op koekpan met kleefwerende kossproei en voer dit dan met die broskorsdeeg uit.
  3. Gooi ʼn laag kaas in die bak en strooi dan die biltong oor.
  4. Klits die eiers en room saam en geur na smaak met sout en peper.
  5. Gooi die eiermengsel bo-oor die biltong en kaas.
  6. Plaas die tert in die warm oond en bak vir sowat 40 minute tot die vulsel gaar is.
  7. Laat dit afkoel voordat jy dit voorsit.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.