Soorte resepte:

Resep-video: Spek-en-spinasiemuffins

Spek-en-spinasiemuffins. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie spek-en-spinasiemuffins is ‘n heerlike en gesonde keuse vir ‘n vinnige ontbyt of middagete.

Dit word gemaak met vars spinasie, spek en eiers, en kan maklik gemaak word en in die vrieskas gehou word vir ‘n heerlike happie wanneer jy honger is. Dit is ‘n uitstekende manier om groente in jou dieet te inkorporeer en jou energievlakke vir die dag te ondersteun.

Bestanddele

  • 2 k meel
  • 2 t bakpoeier
  • ½ t koeksoda
  • ½ t sout
  • ¼ t swart peper
  • 1 eier
  • 1 ½ k melk
  • ¼ k gewone jogurt
  • ⅓ k olyfolie
  • 1 k cheddarkaas
  • 1 pak spek, in stukkies gesny en gebraai
  • 4 k spinasie, opgekap en gaar gemaak (sommer in dieselfde pan as waarin die spek gebraai is). Lewer 1 koppie gaar spinasie.
  • 2 eetlepels grasuie (chives), opgekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng al die droë bestanddele (meel, bakpoeier, koeksoda, sout en swart peper) in ʼn mengbak en plaas eenkant.
  3. Klits die eiers, melk, jogurt en olyfolie saam in ʼn ander mengbak.
  4. Gooi die droë bestanddele by die eiermengsel en klits dit goed totdat die beslag glad, sonder enige klonte is.
  5. Vou die spek, spinasie, kaas en grasuie by die beslag in, totdat dit goed gemeng is.
  6. Gooi die beslag eweredig in 6 blikbekers of ʼn muffinpan.
  7. Bak dit vir sowat 20-25 minute of tot gaar en ligbruin bo-op.
  8. Laat die muffins eers ʼn bietjie afkoel voordat jy dit uit die blikbeker of pan haal.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.