Soorte resepte:

Resep-video: Vrugtekoek vir herfs

Vrugtekoek vir herfs. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Dit is ʼn smaaklike gemmerkoek, perfek vir om die herfskoue reg te sien, met stukkies appels en pere. Geniet dit saam met stroop en roomys of styfgeklopte room.

Bestanddele

  • 2 appels, geskil en opgesny in kleiner stukkies
  • 2 pere, geskil en opgesny in kleiner stukkies
  • 4 eiers
  • 250 g bruismeel
  • 200 g suiker
  • 1 t vanieljegeursel
  • 250 g botter, gesmelt
  • 1 pakkie gemmerkoekies (spekulaaskoekies werk ook heerlik), fyngemaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn broodpan met kleefwerende kossproei.
  2. Meng die meel, suiker, vanieljegeursel, botter en eiers goed sodat daar geen klonte in die beslag is nie.
  3. Gooi die gemmerkoekies by en meng weer goed.
  4. Gooi die appels en pere by die beslag en meng weer.
  5. Gooi die beslag in die voorbereide pan en bak vir sowat 45 minute of tot gaar.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.