Hierdie resep klink heerlik en dit lyk ook pragtig. Dit is nou hoe ʼn vrugtekelkie moet lyk!
Lewer 12 porsies
Lemoen-en-bloubessiejellies
- 500 ml appelsap
- 30 ml gelatienpoeier
- 6 klein nawellemoene, gehalveer
- 140 g vars of bevrore bloubessies
Bosbessie-en-aarbeijellies
- 500 ml bosbessiesap
- 30 ml gelatienpoeier
- 6 klein nawellemoene, gehalveer
- 125 g aarbeie, skoongemaak en gekap
Metode:
- Verhit 200 ml van die appelsap tot kookpunt en roer die gelatien deur. Roer die mengsel met ʼn vurk tot die gelatien opgelos het.
- Voeg die oorblywende sap by en meng goed.
- Herhaal die proses met die bosbessiesap en gelatien.
- Sny die lemoen met ʼn skerp messie tussen die skil en die vlees. Skep die vlees uit en rangskik die lemoendoppe in ʼn muffinpan.
- Skep die bloubessies of aarbeie in die lemoendoppe en giet die jelliemengsels oor die vrugte.
- Laat die jellie vir minstens 4-5 uur in die yskas sodat dit kan stol.
Bron: Lekker en Vinnig – Vrugte
Uitgewer: Lapa
Niks nuuts my ma het dit gemaak vir ons verjaardae net in kwarte gesny
Dis nou perfek vir die somer!
Dis nou perfek vir die somer!